NHE begin met beplanning vir 2 500 lae-inkomste eenhede
Die Namibiese Behuisingsonderneming het Envirodu Consulting and Training Solutions van Swakopmund aangestel om ‘n omgewings- en maatskaplike impakstudie uit te voer om 2 500 laer inkomste huise regoor die land te lewer. Die projek val onder sy maatskaplike behuisingsprogram vir kwesbare gemeenskappe. Windhoek, Mariental, Keetmanshoop, Okakarara, Otavi, Omuthiya, Ondangwa, Oshakati, Eenhana, Nkurenkuru, Rundu, Katima Mulilo en Walvisbaai sal voordeel hieruit trek. Die behuisingsagterstand in die land word op 300 000 eenhede beraam.