Die wêreld se lelikste tuin….

Die Wêreld se lelikste tuin kompetisie is ‘n Wêreldwye inisiatief om water te bespaar deur die norm van groen grasperke te verander. Kathleen Murray van Tasmanië, Australië het die eerste “Wêreld se lelikste grasperk”, volgens kompetisie-organiseerders in Swede gewen in 2023. Verteenwoordigers van Gotland het gesê dat Murray se grasperk “spog met diep, droë riviere en nie een stofbedekte desimeter word met water vermors nie.” Mense van regoor die wêreld is genooi om foto’s van hul droeë grasperke en tuine te plaas in ‘n poging om die twyfelagtige eerbewys te wen. Die bedoeling was om bewustheid te verhoog van “waterbesparing op ‘n wêreldskaal deur die norm van groen grasperke te verander.”

En die nuutste wenner is Leisa Elliot van Birdlings Flat, Nieu-Seeland!
Nou in sy tweede jaar, beloon die Wêreld se Lelikste Grasperk-kompetisie grasperkeienaars omdat hulle nie hul uitgedroogde geel gras en eens pragtige blombeddings natgooi nie.
Die wengrasperk in die nedersetting Birdlings Flat behoort aan Leisa Elliott, en oorleef nou net op harde toestande en min reënval.

Mimmi Gibson, die handelsmerkdirekteur by die toerisme-agentskap Region Gotland, wat help om die kompetisie te organiseer, het gesê die mededinging om die titel was nogal stram. “Ek bedoel, hulle is almal so verskriklik lelik eintlik.
Gibson het gesê sy hoop die jaarlikse kompetisie sal voortgaan om mense van optimisme en idees te voorsien vir klein, betekenisvolle aksies wat hulle tydens die klimaatkrisis kan neem. In Gotland het die kompetisie en ander inisiatiewe waterverbruik sedert 2022 elke jaar met 5% tot 7% verminder.
Ons moet almal hierdie angs oor omgewingskwessies en die uitdagings wat ons as ‘n wêreldbevolking in die gesig staar kanaliseer,” het Gison gesê. “En dit is een manier om dit te doen, nie deur mense sleg te laat voel nie, maar om hulle goed te laat voel. “Eers staan jy en lag en dink: ‘Liewe land, wat is dit? Dan begin jy dink. Dit is nie net ‘n prettige ding nie, dit spaar water. Ek dink mense hou daarvan.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *