Ministerie sê oor kankerbehandeling vir staatspasiënte
Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, het onlangs kommer uitgespreek oor die stand van kankerbehandeling in die land. Hansen het die behoefte aan beter behandelingsopsies en meer fasiliteite beklemtoon, en gevra vir langtermynoplossings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van gesondheid, wat sê daar word reeds beplan om kankerbehandelingsdienste te verbeter. Dit sluit in die opgradering van infrastruktuur, beter toegang tot noodsaaklike medikasie en verhoogde kapasiteit vir diagnose en behandeling. Hy brei uit.