AmaZulu koningin wil koning se derde huwelik deur hof stop
AmaZulu-koning Misuzulu ka Zwelithini se eerste vrou, koningin Ntokozo KaMayisela, het ’n dringende interdik by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg ingedien om haar man se derde huwelik met koningin Nomzamo Myeni te keer. In haar aansoek sê kaMayisela sy en die koning is in ‘n siviele huwelik, en ‘n persoon wat ingevolge ‘n burgerlike verbintenis getroud is, kan nie twee huwelike gelyktydig sluit nie. Die koning is besig om van haar te skei. Die twee dae lange tradisionele troue tussen koning Misuzulu en koningin Nomzamo Myeni, sal op die 24ste en 26ste van hierdie maand plaasvind.