Maduro van Venezuela in amp beëdig ondanks wêreldwye protes
President Nicolas Maduro van Venezuela, wat sedert 2013 die amp beklee, word ondanks wêreldwye beswaar vandag die derde keer ingehuldig met duisende wat betoog in die aanloop tot die seremonie. Die opposisieleier, Maria Corina Machado, het gister weer in die openbaar verskyn om ‘n betoging in Caracas te lei. Die aangewese Amerikaanse president Donald Trump, het Machado en Edmundo Gonzalez Urrutia as vryheidsvegters beskryf. Urrutia het Machado op stembriewe vervang en daar word algemeen aanvaar dat Maduro in die verkiesing op 28 Julie gekul het.