19 seekoeie dood van honger in Zim

Negentien seekoeie is die afgelope drie maande in Zimbabwe dood, waarskynlik weens ‘n gebrek aan voldoende voedsel weens ernstige droogte. Owerhede het ‘n ondersoek gelas en monsters van die dooie diere het geen spoor van abnormaliteite of antraks-vergiftiging getoon nie. Die diere is 10 kilometer van hulle habitat gevind, waarskynlik op soek na kos. Zimbabwe is een van verskeie Suider-Afrikaanse lande wat die afgelope maande swaar deur droogte getref is. Reën het eers die afgelope dae in die land begin val. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *