Inflasie styg skerpste in Khomas
In sy jongste verbruikers prysindeks sê die Namibiese Statistieke-agentskap inflasie vir Desember is op 3,4 persent aangeteken, op van die 3 persent in November. Kerninflasie, wat energie en voedsel insluit, het op 3,8 persent ingekom. Die Khomas-streek het hoë inflasie beleef op 4,3 persent gevolg deur sone drie, die suidelike dele, Omaheke en Erongo, op 2,9 persent en die noordelike dele op 2,8 persent. Kookolie was die duurste in Khomas en beesstowevleis die duurste in die noorde, of sone 1.