Tydlose chemikalieë besoedel Afrika-riviere

‘n Studie deur Rhodes Universiteit het per- en polyfluoroalkyl-substansies uitgeken, wat ook bekendstaan as tydlose chemikalieë, wat besoedeling veroorsaak in elf Afrikalande. Dit sluit in Suid-Afrika, Kenia, Nigerië, Ghana, Mali en Zambië. PFAS is ‘n groep sintetiese chemikalieë wat drinkwater, kos en die lug kan besoedel. Die universiteit sê die Vaalrivier in Suid-Afrika en die Nairobirivier in Kenia is brandpunte vir tydlose chemikalieë. Hy voeg by daar is verskeie maniere om PFAS-besoedeling te hanteer, waaronder die versterking van regulasies, die verbetering van die behandeling van afvalwater en die versterking van navorsing en befondsing. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *