Owerhede het kommer oor malaria
Terwyl die goeie reën verwelkom word is malaria terug. Die lynministerie sê die voorkoms van malaria in die noorde van Namibië het skerp gestyg met 2 210 gevalle wat teen Desember landswyd aangeteken is. Die gebiede wat die ergste geraak word, sluit in Eenhana, Okongo, Outapi, Engela, Nkurenkuru, Oshikuku, Omuthiya, Oshakati, Onandjokwe, Tsumeb, Rundu, Okahao, Tsandi, Ncamagoro, Nyangana en Andara. Die meerderheid van die gevalle is in die Eenhana-distrik aangeteken met 661 gevalle, ongeveer 30 persent van al die gevalle. Daar was 265 ernstige gevalle met nege sterftes.