Oppas, voertuigfinansiering is nie perdekoop

Om ‘n voertuig te koop is ‘n groot finansiële besluit, en vir meeste Namibiërs is voertuigfinansiering die mees praktiese manier om hul droommotor te kan bekostig. Een gewilde opsie wat deur banke aangebied word, is die ballonbetalingstruktuur. Alhoewel dit maandelikse terugbetalings verlaag, is dit belangrik om beide die voordele en risiko’s daaraan verbonde te verstaan. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en beklemtoon die belangrikheid daarvan om die bekostigbaarheid van die groot enkelbedragbetaling aan die einde van die leningstermyn noukeurig te oorweeg. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *