Liggaam van leerling in Guinasmeer gevind

Die liggaam van die 16-jarige O’Linn Nauyoma, wat in September verlede jaar in die Guinasmeer verdrink het tydens ’n leerlingraad opleiding-uitstappie, is gevind. Hy was ‘n leerder van Etosha Sekondêre Skool in Tsumeb. Internasionale duikers het gehelp met die herwinning van die liggaam, wat reeds erg ontbind was. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur van onderwys.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *