Forest lê tweede saam met Arsenal
Nottingham Forest het hulle sesde agtereenvolgende oorwinning behaal toe hulle Wolves by Molineux met 3-0 verslaan het, en nou ewe veel punte het as Arsenal wat tweede is in die Premierliga. Doele deur Morgan Gibbs-White, Chris Wood en Taiwo Awoniyi het die oorwinning aan Nuno Espirito Santo se span besorg wat nou ses punte agter die voorlopers van Liverpool is. Dis die eerste keer in 58 jaar dat Forest ses agtereenvolgende topwedstryde in dieselfde seisoen wen. Espirito Santo sê dit was ʼn taai wedstryd: