Nippon Steel en US Steel nader VSA hof
Beide Nippon Steel en US Steel gaan hof toe omdat president Joe Biden die Japannese reus se voorgestelde verkryging van sy Amerikaanse mededinger geblok het. Hulle beskuldig die Amerikaanse administrasie van onwettige inmenging in die reuse transaksie. Die ondernemings het in ‘n verklaring gesê hulle het gesamentlik twee regsgedinge ingedien om die voortslepende onwettige inmenging met Nippon Steel se verkryging van US Steel reg te stel. Hulle beskuldig Biden dat hy die ooreenkoms bloot vir politieke redes blokkeer.