China-skudding dood 53, dodetal sal stygJanuary 7, 2025

Minstens 53 mense is dood en talle kan nog vasgekeer wees ná ’n sterk aardbewing in China, volgens owerhede. Dit het in ‘n bergagtige gebied, naby die grens met Nepal, gedurende die nag voorgekom. Die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) sê dit het 7,1 op die Richterskaal gemeet. Staatsuitsaaier China Central Television sê die episentrum was in die Tingri-streek, sowat 368 kilometer van Tibet se hoofstad Lhasa en sowat 22 kilometer van die streek se tweede grootste stad Shigatse. Shigatse is een van Tibet se heiligste stede. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *