NSFAF skep net skuld, herstrukturering nodig
Die kwessie van die Namibiese Studente Hulpfonds is weer in die nuus. Daar is kommer dat die organisasie eintlik net skuld veroorsaak omdat min gegradueerdes werk kry en baie, wat wel ‘n pos bekom, lae salarisse verdien. George Kambala van die Affirmative Repositioning-beweging sê NSFAF moet terugkeer na die lynministerie en moet in die vorm van toelaes bestuur word.