Hardap styg steeds, Von Bach op 23,3%

Almal wag op hete kole vir die jongste dambulletin van NamWater wat normaalweg op ‘n Maandagmiddag gedeel word. Talle van die land se damme moes water ingeneem het maar, op die oomblik kan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die Hardapdam om nege-uur vanoggend op 14,8 persent gestaan het. Hardap het amper 43,6 miljoen kubieke meter water ingeneem. Hardap se kapasiteit op 100 persent is 320 000 kubiek maar die dam kan steeds net tot 70 persent vol loop. Op sy beurt het Von Bach 11 miljoen kubiek ontvang en staan tans op 23,3 persent. Die dam se volle kapasiteit is op 48,5 miljoen kubiek. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *