Carter se staatsbegrafnis begin in Georgia
Die sesdag-lange staatsbegrafnis van oudpresident Jimmy Carter het in Atlanta in Georgia begin. Hy lê tot Dinsdag in staatsie in die Capitol-gebou van die deelstaat se hoofstad. Hy het Saterdag in sy geboortestaat aangekom met ‘n motorkade deur sy tuisdrop Plains, wat verby sy huis beweeg het. Dinsdag sal hy na Washington vervoer word waar hy tot Donderdag in staatsie sal lê tot sy amptelike begrafnis om tien-uur, Washington tyd. Alle vlae hang halfstok in die VSA. Carter is op 29 Desember op die ouderdom van 100 oorlede.