Twee Zambiërs vas vir 4 olifanttande
Die omgewingsministerie het twee mans in die Zambezi-streek aangekeer in besit van vier olifanttande. Die twee mans, 23 en 25 jaar oud, is beide Zambiese burgers en is gearresteer. Hulle sal op 6 Januarie in die hof op Katima Mulilo verskyn op verskeie klagtes wat ook immigrasie insluit. Volgens die ministerie is die fonds gemaak tydens ‘n spesiale operasie in samewerking met die polisie en weermag.