Veerpyltjies: Luke Littler behaal eindstryd
Luke Littler het Stephen Bunting uitgeskakel en sy plek in die eindronde van die Wêreldveerpyltjiekampioenskap bespreek. Die 17-jarige Littler was die gunsteling om vir die tweede jaar in die eindronde te speel en het die 39-jarige Bunting in Alexandra Palace in Londen met ses potte teen een geklop. Hy kom vanaand teen die driemalige kampioen Michael van Gerwen te staan. Indien hy wen, kan Littler die jongste veerpyltjiekampioen ooit word. Hy het na die halfeindstryd aan Sky Sports gesê hy beleef ‘n fantastiese toernooi.