Boere in Kavango en Zambezi positief oor seisoen

Media berigte vanuit die verre noordooste van die land lui dat inwoners in die twee Kavango- en die Zambezi-streke binnekort sal begin om lande voor te berei na die goeie, en swaar reënval, wat voorgekom het. Dit is ‘n goeie ontwikkeling vir die streke omdat die groter meerderheid inwoners bestaansboere is wat staatmaak op akkerbou en vee om ‘n bestaan te voer, en voedselsekerheid sal verbeter. Inwoners plant mahangu, sorghum en mielies sowel as bone, pampoene en grondbone.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *