Ouers van Serwiese skoolskieter gaan tronk toe

’n Hof in Belgrado het die ouers van ’n 13-jarige seun tot tronkstraf gevonnis nadat hy verlede jaar nege leerders en ’n sekerheidswag by ’n laerskool in die Serwiese hoofstad doodgeskiet het. Vladimir en Miljana Kecmanovic is vervolg omdat hul seun te jonk is om tereg te staan. Vladimir is tot 14 jaar en 6 maande gevonnis en Miljana tot 3 jaar. Die hof het ook ‘n vonnis van ‘n jaar en 3 maande opgelê aan die instrukteur van die skietbaan waar Vladimir sy seun vir skietoefening geneem het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *