Skoon strande beskerm seelewe
Die regering doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om die land se pragtige kuslyne skoon hierdie feestyd skoon te hou. Die waarnemende direkteur-generaal van die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel, Nomonde Mnukwa, sê selfs die kleinste aksie help om seelewe te beskerming en strande se natuurlike skoonheid te beskerm. Sy doen ‘n beroep op landsburgers om op die regte manier van rommel ontslae te raak.