Cosatu kap G20 oor McKinsey, Bain se aanstelling

Cosatu veroordeel in die sterkste moontlike taal wat hulle beskryf as georganiseerde besigheid se laakbare pogings om staatskaping-gekoppelde McKinsey en Bain and Company te verontskuldig. Woordvoerder Matthew Parks sê dit is ʼn reuseklap in die gesig van miljoene werkers dat georganiseerde besigheid dit goedgedink het om McKinsey aan te stel om te help met die bestuur van sy Business20-programme wanneer Suid-Afrika volgende jaar die G20 huisves en Bain and Company as ‘n projekbestuurder vir die Energieraad van Suid-Afrika.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *