Windhoek nooi bieërs uit vir eerste fase van herwinningsaanleg-proses
Stad Windhoek het sy tender vandag oopgestel vir die voorkwalifikasie vir konsultasie-dienste vir die voorbereiding van die ontwerp, bou en bestuur van die nuwe water herwinningsaanleg. Dit kom na hy vroeër vanjaar ‘n ooreenkoms met die Duitse KfW Ontwikkelingsbank vir sowat 1,7 miljard Namibiese dollar gesluit het. Die Stad het reeds in die vroeë 1990’s geweet dat ‘n nuwe, meer gesofistikeerde herwinningsaanleg nodig is weens die hoër besoedelingsvlakke in die Goreangab-opvanggebied. Dit is eers vroeg in 2002 in gebruik geneem en vraag het sedertdien toegeneem. In 2017 het die Stad sy destydse 1,1 miljard dollar planne vir nog ‘n nuwe herwinningsaanleg bekendgestel om sy afhanklikheid van NamWater te verminder. Fase 1 sal blykbaar in 2029 voltooi wees. Alle bieë moet teen 25 Februarie ingedien wees.