Putin daag die Weste uit vir tweegeveg
Russiese president Vladimir Putin het die Weste tot ‘n tweegeveg uitgedaag en voorgestel dat hulle ‘n teiken in die Oekraïnse hoofstad Kiëf kies, verdedigingstelsels bymekaarmaak en ‘n Russiese aanval probeer afweer. Die staatsnuusagentskap TASS berig dat Putin melding gemaak het van sy nuwe Oreshnik hipersoniese missiel en sê hy sal dit na die gekose teiken lanseer. Hy sê hulle kan al hulle tegnologie en verdedigingstelsels toepas.