Wall Street, Asiese markte tuimel
Asiese markte het vandag skerp gedaal nadat Wall Street getuimel het in reaksie nadat die Federale Reserweraad sy rentekoersvooruitsigte met die helfte verminder het. Hoewel gister se koersverlaging wyd verwag is, word projeksies met valkoë dopgehou en daarvolgens sal die bank aanstaande jaar koerse net twee keer verlaag in teenstelling met die vier wat voorheen voorspel is. Beleggers wonder hoe die Fed homself sal posisioneer voor Donald Trump oorneem as president te midde van waarskuwings dat sy planne oor verminderde belasting, minder regulasies en tariewe vir China, inflasie kan laat opvlam.