Gewaagde gewapende roof op KarasburgJune 9, 2025
Sewe inbrekers het Saterdag ‘n man in sy huis in Westerkim op Karasburg met ‘n vuurwapen aangehou en hom van 10 000 Namibiese dollar in kontant en eiendom ter waarde van 4 500 dollar beroof. Volgens die polisie is vier verdagtes in verband met die voorval aangekeer en sal na verwagting vandag in die landdroshof op Karasburg verskyn. Eiendom en geld ter waarde van meer as 6 000 dollar is ook teruggevind. Drie verdagtes is steeds op vrye voet.