Nog 6 kom uit by Stilfontein
Nog ses vermeende onwettige mynwerkers is by twee skagte in Stilfontein in Noordwes in hegtenis geneem. Dit sluit in drie ongedokumenteerde buitelanders uit Lesotho, twee uit Zimbabwe en een uit Mosambiek. Sedert November het meer as 1 500 onwettige mynwerkers uit verskillende skagte in Stilfontein na die oppervlak gekom terwyl die polisie voortgaan met Operasie Vala Umgodi. Dit sluit agt liggame in. ’n Onbekende aantal onwettige mynwerkers is glo steeds ondergronds. Die polisie sê die ses staan tereg op aanklagte van onwettige mynbou, betreding en die oortreding van die immigrasiewet.