Medvedev dreig The Times oor beriggewing

Die Russiese veiligheidsraad se adjunkhoof, voormalige president Dmitri Medvedev, het die redakteurs van die Times-koerant in Brittanje as wettige militêre teikens beskryf ná die koerant se dekking van die sluipmoord op die Russiese luitenant-generaal Igor Kirillov. The Times het in ‘n hoofartikel gesê die sluipmoord was ‘n wettige daad van verdediging deur Oekraïne. Medvedev het op sy Telegram-kanaal geskryf dat joernaliste by die Times versigtig moet wees aangesien enigiets in Londen moontlik is. Hy het in dieselfde plasing dieselfde dreigement herhaal teen Navo-amptenare wat Oekraïne bystaan. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *