Swapo hou in Februarie ‘daardie’ kongres
Plaaslike berigte lui dat Swapo se buitengewone kongres op 28 Februarie volgende jaar sal plaasvind. Volgens The Namibian, sal die pos van vise-president, wat tans deur Netumbo Nandi-Ndaitwah beklee word, nie verkiesbaar sal wees nie. Die kongres moet ‘n nuwe partypresident verkies waarvoor sy ook sal staan wat dus die vise-presidentspos vakant sal laat. Die party wou nie kommentaar lewer oor enige poste wat tydens die kongres gevul sal word nie maar sommige partylede het kommer dat sou iets met haar gebeur sal die party nie ‘n president of ‘n adjunk hê nie.