So lyk die top-Fifa-toekennings
Die Real Madrid-voorspeler Vinicius Junior is as Fifa se mansspeler van die jaar aangewys op die Fifa Beste Toekennings in Doha. Die Brasiliaan het 24 doele in alle kompetisies aangeteken in die 2023-2024-seisoen. Barcelona se middelveldspeler Aitana Bonmati het die vrouetoekenning ingepalm. Die mans-afrigter van die jaar-toekenning het gegaan aan Carlo Ancelotti van Real Madrid, met die vrouetoekenning aan Emma Hayes van Amerika. Alejandro Garnacho van Manchester United het die beste mansdoel van die jaar gewen. Ancelotti sê die sport het hom alles gegee: