Toerisme presteer uiters goed
Volgens Simonis Storm se makro-insigteverslag oor Namibië se BBP in die derde kwartaal was daar voortgesette groei in die hotelle- en restaurantsektor. Dit het met 3,7 persent uitgebrei en ‘n 11de agtereenvolgende kwartaal van groei aangeteken. Gasvryheidsbesettingsvlakke is egter steeds onder die voor-2019-maatstawwe, wat aandui dat die sektor nog nie ten volle herstel het na die Covid-pandemie nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, wat uiters optimisties is oor die sektor.