Shanghala se tronkhof-saak kom vandag voor
Die saak waar Fishrotters Sacky Shanghala, James Hatuikulipi en Pius Mwatelulo vra dat die hofverrigtinge uit die gevangenes-hof verskuif moet word kom weer vanoggend om tien voor regter Shafimana Ueitele voor. Hulle voer aan dit skend hulle regte, veral om agter tralies verhoor te word en dat dit hulle onskuld ondermyn. Die tralies is in Oktober verwyder. Hoofargumente is ingedien en sal vanoggend voorgelê word. Die staat verdedig. Dit is die soveelste aansoek deur Shanghala en regter Moses Chinhengo beskuldig hom van misbruik van die hofproses.