Cran stel ook publiek gerus oor kuber-aanvalle
Die inligtingministerie het sleutelbelanghebbendes in die Inligting- en Rekenaartegnologie-sektor byeengebring om hul insigte te deel oor die kuberveiligheidsaanvalle wat Telecom en die gesondheidministerie teiken. Emilia Nghikembua, die uitvoerende hoof van die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het by die inligtingsdelingsessie die kuberaanvalle met huisbrake vergelyk. Sy sê hierdie aanvalle is algemeen.
Die uitvoerende direkteur in die Kantoor van die Eerste Minister, I-Ben Nashandi, beklemtoon dat die ministerie prosesse ingestel het om te verhoed dat hierdie aanvalle weer plaasvind.