Zuma hou vol daar was knoeiery met verkiesings

Die president van die MK-party, Jacob Zuma, vra sy ondersteuners om aan te dring op verkiesingshervormings voor die plaaslike verkiesing in 2026 en beweer daar was stemknoeiery met die nasionale en provinsiale verkiesings in Mei. Zuma vra vir eenheid en billikheid in regering. Die adjunkpresident van die party, John Hlophe, het by die vieringe van die party eerste bestaansjaar in die Moses Madiba-stadion in Durban gewaarsku teen interne verdeeldheid en het die ANC-DA-regering van nasionale eenheid as ‘n onheilige alliansie beskryf.