PwC-verslag oor Steinhoff die week bekendDecember 16, 2024
Die vertroulike PwC-verslag oor Steinhoff se ineenstorting in 2017 sal dié week aan mediamaatskappye oorhandig word na ‘n opdrag van die Appèlhof. Die verslag is aanvanklik weerhou en lê die boekhou-onreëlmatighede deur die bestuurders van Steinhoff bloot, wat wins en bates laat toeneem het deur denkbeeldige transaksies. Ibex, wat voorheen Steinhoff was, sê die mense wat geraak word is ingelig oor die onthulling, onder wie voormalige werknemers en sakevennote. Die maatskappy beklemtoon sy regsverpligting om aan die hofbevel te voldoen.