Namibië sal steeds baat by Agoa onder Trump
Daar is kommer in Suid-Afrika dat die land se Internasionale Geregshof-saak teen Israel kan veroorsaak dat die Agoa-ooreenkoms met die VSA in die gedrang kan kom. Onder Agoa voer Afrika-lande hul produkte na Amerika uit teen uiters lae tariewe, maar onder die komende Trump-administrasie kan dit dalk verander. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Dr. Kobus Laubscher, Suid Afrikaanse landbou ekonoom. Volgens Laubscher sal Namibië nog baat vind by die Amerikaanse handelsooreenkoms.