Lasbrief vir oud-hoof van Mauritius sentrale bank

Die polisie in Mauritius het ‘n lasbrief uitgereik vir die arrestasie van die voormalige president van sentrale bank, Harvesh Seegolam, in verband met bedrog. Die optrede deur die polisie se eenheid teen geldwassery is die eerste betekenisvolle stap deur die regering van premier Navin Ramgoolam, wat gesê het die vorige regering het jare lank die land se bruto binnelandse produk, begrotingstekort en staatskuld vervals. Volgens die polisie is Seegolam in die buiteland en hy sal in hegtenis geneem word sodra hy terugkeer.