Bees ter waarde van N$320 000 by Divundu gesteelDecember 16, 2024
Twee plaaswerkers is deur die Hochfeld-polisie in hegtenis geneem op ‘n klag van die jag van jagbare wild sonder ‘n permit. Hulle het na bewering Saterdagnag ‘n gemsbok met ‘n draadstrik gevang naby die plaas Klawerjas in die Okahandja-distrik. Hulle is met die karkas ter waarde van 4 000 Namibiese dollar betrap. In Windhoek is ‘n 39-jarige man Vrydag in Potgieterstraat, Pionierspark in hegtenis geneem vir die onwettige besit van beskermde wild. Dit kom na hy ‘n lewende luislang by sy huis aangehou het. Die slang is verwyder. Intussen is twee gevalle van veediefstal op Divundu aangemeld en 42 bees ter waarde van 320 000 dollar is gesteel wat nog soek is.