Chido woed voort, dood amper 1 000 op MayotteDecember 16, 2024
Die tropiese sikloon Chido het amper 1 000 op die eiland van Mayotte en het vroegoggend Sondag Mosambiek bereik, ongeveer 40 kilometer suid van die stad Pemba in die Cabo Delgado-provinsie. Teen Sondagmiddag ongeveer vier-uur was dit reeds 200 kilometer binnelands op pad na Zimbabwe. Chido behoort sy laaste woed uit te woed teen vandag en môre in Malawi met swaar neerslae en sterk winde wat verwag word. Die sikloon sal nie plaaslik ‘n impak hê nie en ook nie Botswana bereik nie. Op die oomblik is baie vog uit die land onttrek as gevolg van die stelsel.