SA polisie kry R6 miljoen se tik in snoekertafel
Die polisie by die OR Tambo Internasionale Lughawe het beslag gesê op tik ter waarde van ses-miljoen Suid-Afrikaanse rand, wat versteek was in ‘n hout snoekertafel. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die dwelms, bestem vir Australië, is ontdek tydens in misdaadintelligensieoperasie. Sy bevestig niemand is nog in hegtenis geneem nie, en die ondersoek duur voort.