Reeza Hendricks kolf Proteas na opwindende T20-wen

Krieket: Die Proteas se aanvangskolwer Reeza Hendricks het gisteraand op Centurion ‘n ongelooflike beurt gespeel, en die Proteas gelei tot ‘n gedenkwaardige sewe-paaltjie oorwinning oor Pakistan in hulle tweede T20. Die Suid-Afrikaanse aanvangskolwer was vuurwarm, het 10 sesse gemoker en 117 lopies opgestapel van 63 balle af. Hy is goed ondersteun deur Rassie van der Dussen, wat 63 aangeteken het van 38 balle af. Die besoekers het gekies om eerste te kolf en het 210 vir vyf aangeteken. Die Proteas het die reeks met 2-0 in sy guns beklink met die laaste wedstryd wat vanaand op die Wanderers gespeel word.