Kwalifiseringstoernooi vir vroue-Wêreldbeker ook in S-Amerika
Sokker: Suid-Amerika het besluit om Europa se voorbeeld te volg en ook ʼn kwalifiseringstoernooi te hou vir die vroue-Wêreldbekertoernooi. Die beheerliggaam Comnebol sê die eerste een vind tussen volgende jaar en 2026 plaas. Nege spanne sal meeding in ʼn tuis-en-weg-rondomtalie-formaat. Die boonste twee spanne kwalifiseer regstreeks vir die toernooi wat in die middel van 2027 in Brasilië plaasvind, en die volgende twee spanne neem deel aan die internasionale uitspeelwedstryde. Die gasvrou kwalifiseer outomaties.