Reho Spa heropening vertraag 

Die inwyding van die nuwe Reho Spa in Rehoboth is uitgestel weens onvoorsiene omstandighede. Rehoboth burgemeester Justin Coetzee is egter opgewonde oor die Kersfees-skou môre, wat ook die Rehoboth dorpsraad se laaste geleentheid van die jaar is. Coetzee het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en moedig plaaslike entrepreneurs aan om van die skou gebruik te maak om hul produkte ten toon te stel en geld te maak tydens die feesgeleentheid.