Khomanin-gemeenskap ‘nie geken in plaas-onderhandelinge’

Reaksie word ontvang op die Khomanin Tradisionele Owerheid wat twee plase ter waarde van 33,8 miljoen Namibiese dollar van die regering ontvang het vir gemeenskaplike gebruik. Die plase is gedeelte 1 van die Plaas Groot Korasieplaats en die res van die Plaas Groot Korasieplaats, wat saam 8 132,95 hektaar beslaan. Gaos Juliane Gawa-!Nas, koningin van die Khomanin Tradisionele Owerheid, het die plase namens haar mense ontvang, terwyl meer grond en uitbreidings steeds beding word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shaun Gariseb, ‘n lid van die Khomanin-gemeenskap, wat sê hulle is ongelukkig omdat die meeste lede nie by besprekings ingesluit is nie.