Gesondheid werf personeel

Die gesondheidministerie het onlangs aansoeke versoek van werklose gesondheidswerkers wat by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Namibië geregistreer is. Aansoeke moet by die ministerie se menslike hulpbronne-afdeling ingedien word. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, gepraat wat meer inligting gee.