GBV: Wat gebeur nou dat die 16 dae verby is?

Namibië het aansienlike vordering gemaak met die uitskakeling van geslagsongelykhede en het in 2024 die 8ste posisie wêreldwyd beklee en was eerste in Afrika suid van die Sahara. Sleutelareas in die vordering sluit in 100 persent geslagsgelykheid in onderwys, 78 persent in ekonomiese deelname, 45 persent in politieke bemagtiging en 98 persent in gesondheid. Die land het ook onlangs die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsbaseerde Geweld en Namibiese Vrouedag herdenk. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis Zack Itodo gesels wat bly is oor die statistieke maar wil weet wat na die 16 dae gebeur.