Voorlopige toetse toon wesenlike risiko in Stampriet-bekkenDecember 12, 2024
Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die lynministerie begin het met die toetsing van watermonsters uit die Stampriet-bekken. Monsters is in die Leonardville gebied geneem en boorgate is uitgepomp om te verseker dat ongekontamineerde akwiferwater bereik word. Die ministerie toets vir opgeloste uraan, swaar metale, soute, en die suurstofkonsentrasie. Laasgenoemde is belangrik omdat dit ‘n drywer van uraan oplosbaarheid in water is. Die toetse, veral vir uraan, is uiters duur en sal in die buurland uitgevoer word maar, die monsters is nog nie gereed vir toetsing nie so dit sal nog ‘n geruime tyd neem. Kenners sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar nie genoeg punte van die ertsneerslae is om migrasie van enige kontaminasie te bewys nie. Pluime van kontaminasie is opgelet waar hoë volumes water onttrek is wat dui op ‘n wesenlike risiko as aktiewe versteuring deur uraan-ontginning sal plaasvind.