Al-Assad het in weelde geleef

Rebellevegters het ‘n getekende foto van koningin Elizabeth die tweede en prins Philip uit die jaar 2002 gevind, saam met ander aandenkings in die stampvol skattekamer van die uitgesette Siriese leier, Bashar al-Assad. Die foto is geneem twee jaar nadat Assad president geword het, en voordat hy ‘n uitgeworpene geword het oor die onderdrukking van die pro-demokratiese Arab Spring-verset in 2011 en die daaropvolgende burgeroorlog. ‘n Motorhuis vol luukse motors, ondermeer ‘n skaars Ferarri ter waarde van sowat 68 miljoen Namibiese dollar, is ook hierdie week ontdek.