Haatspraak teen LGBT-gemeenskap op verstommende vlakke

Die jongste studie toon dat lede van die Namibiese LGBT-gemeenskap aanlyn met haatspraak geteiken word. Volgens die verslag wat deur die Namibia Diverse Women’s Association en die Namibia Media Trust se stigting bekend gestel is, het 94 persent van die gemeenskap in die afgelope jaar haatspraak ervaar. Bewustheid van aanlyn veiligheid is uiters laag onder die gemeenskap, rondom 9 persent en daar is min geregtelike beskerming in die verband. Amper 50 persent van die gemeenskap sê as hulle voorvalle rapporteer is die reaksie swak.